Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Vrystater vra klasmaat om te kys met 700 kerse
Die kerse word gepak en aangesteek voordat Madré Erasmus arriveer, waar Herman Groenewald haar vra om te kys.
Herman Groenewald wag tussen die kerse vir Madré Erasmus met ’n bos pienk rose. Hul voorletters is in die hart uitgepak.
Herman Groenewald en Madré Erasmus Woensdagaand toe hy haar vra om te kys.

Vergeet van die opsitkers! ’n Vrystaatse kêrel van Landboudal brand sommer 700 kerse vir ’n kys met sy klasmaat.

Dit het die gr. 10-leerling Herman Groenewald (16) op Jacobsdal en sy helpers vier uur geneem om dié kerse te pak en aan te steek, maar vir ’n spesiale meisie soos

Madré Erasmus en Herman Groenewald.

(16), doen jy dit, sê hy.

As die winkel nóg kerse gehad het, het hy dit ook gekoop.

Herman het reeds Maandag besluit hy wil Woensdagaand groot gaan wanneer hy Madré vra om sy meisie te word. Dié twee ken mekaar reeds drie jaar, maar het die afgelope jaar baie goeie vriende geword. Hulle is ook albei koshuisleerlinge.

Hy het toe maats en personeellede van die skool nader gehark om sy plan uit te voer.

Madré is skielik uit die koshuis “ontvoer” en ’n sak oor haar kop getrek.

Sy was taamlik senuweeagtig, omdat sy nie geweet het wat aangaan nie.

Madré is tot by die rugbyveld geneem, waar die sak van haar gesig gehaal is.

Sy kon nie glo wat sy sien nie en het nie geweet wat om te doen nie.

Voor haar was ’n paadjie uit kerse wat later ’n hart vorm, met hul voorletters – ook uit kerse – en Herman met ’n bos blomme staan.

“Toe sy daar aankom, was dit so asof alles verdwyn en ek net haar sien aankom,” vertel Herman.

“Ek het na hom geloop en hy het voor my op sy knie afgesak. Ek het nie geweet wat om te sê nie,” sê Madré.

Toe vir die vraag.

“Ek is nou nie die slimste of die mooiste ou in die skool nie, maar sal jy my asseblief die gelukkigste ou in die skool maak en my meisie wees?”

Toe sy instem, het al die gr. 10-koshuisleerlinge vanuit die niet na hulle gestroom, sê Madré.

Noudat hulle gekys is, voel dit asof Herman die ganse wêreld verower het.

Madré wat van Postmasburg in die Noord-Kaap kom, sê sy is nie regtig een vir baie aandag nie, maar Herman, van ’n plaas in die Jacobsdal-distrik, se gebaar het haar baie spesiaal laat voel.

Sy is dankbaar aan almal wat met die reëlings gehelp het.

Madré sê dit voel baie goed dat hulle nou ’n paartjie is.

Maar as dit is hoe Herman kys, wonder ’n mens hoe sy verlowing sal lyk . . .

Meer oor:  Madré Erasmus  |  Herman Groenewald  |  Kys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.