Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Waar is premier se regtervoet?

Baie mense het twee linkervoete wanneer hulle dans, maar die premier van Australië pronk met twee linkervoete op sy amptelike webtuiste.

Scott Morrison, premier van Australië. Foto: Getty Images

Scott Morrison was erg verleë nadat dit aan die lig gekom het dat sy personeel sy amptelike foto sonder sy medewete of toestemming gedokter het.

Die personeel wou glo sy tekkies bietjie beter laat lyk.

Die foto van Morrison, sy vrou en twee kinders het groot vermaak verskaf en is wyd op sosiale media gedeel.

Morrison het oor die voorval gespot en gesê sy personeel moes hom liewers meer hare gegee het.

Kenners meen hy kan nie sulke flaters bekostig nie omdat die herverkiesing op hande is. Reuters

Die foto word wyd op sosiale media gedeel. Foto: Reuters

Meer oor:  Scott Morrison  |  Australië  |  Voete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.