Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Werk tuis: Wie betaal die toiletpapier?

Wie betaal vir die ekstra toiletpapier, koffie en tee wat jy nou by die huis opgebruik terwyl jy van die huis af werk?

Nederlanders meen dit is vanselfsprekend jou baas!

Dit beloop gemiddeld €2 per werkdag.

Buiten koffie, tee en toiletpapier, is dié €2 ook vir die addisionele gas, elektrisiteit, water én die waardevermindering van hul tuislessenaars en stoele.

Dis alles waarvoor jy nooit by die werk sou betaal nie.

“Om die koste te bepaal het ons die berekeninge so presies gedoen dat ons nou selfs kan sê hoeveel teelepels in ’n gemiddelde huishouding is,” het Gabriëlle Bettonville van die Nederlandse Nasionale Instituut vir Begrotingsvoorligting (Nibud), wat hoofsaaklik deur die regering befonds word en navorsing gedoen het oor die bykomende koste om van die huis af te werk, gesê.

Hierdie rekeningkundige berekeninge lyk dalk onbelangrik in die tyd wat die wêreld oorweldig word deur ’n wêreldwye pandemie. Tog, is dit relevant omdat kenners meen kantoorwerk sal afneem en dat permanente werk van die huis af ’n permanente nagevolg van die krisis kan word.

Die Nederlandse owerhede het reeds begin om Nibud se navorsing toe te pas en regeringswerkers wat van die huis af werk ’n bonus van €363 te betaal, bereken sedert Maart vanjaar toe die land inperkingsregulasies ingestel het.

Natuurlik is die €2 per dag vir ’n gemiddelde werker met gemiddelde kostes, maar dit kan, afhangend van byvoorbeeld verwarmers in ’n huis, aangepas word.

Dit dek nie die koste van nuwe meubels, rekenaars, fone of ander toerusting wat die Nibud sê werknemers van hul werkgewers benodig nie.

‘n Tipiese toneel in baie huishoudings wêreldwyd: Hierdie vrou werk uit haar huis in Sassenheim, Nederland. Foto: Reuters

Spanje tot Brittanje

Ander lande pas ook aan by die nuwe werklikheid om van die huis af te werk. Baie werknemers is nie lus om voltyds terug te gaan werk toe nie, selfs nie ná die pandemie nie.

Spanje het werkgewers verplig om te betaal vir onderhoud en toerusting om van die huis af te werk. Duitsland debatteer ook ’n wetsontwerp om afstandswerknemers se regte te beskerm, en Frankryk het ’n wet bekragtig om werknemers teen ná-uurse e-posse te beskerm.

Brittanje gaan moontlik wetgewing oor belastingaftrekkings vir kantoortoerusting tydens die pandemie verslap.

Werkgewers meen egter die koronaviruspandemie het só ’n negatiewe uitwerking op die ekonomie dat min werknemers in dié tyd ekstra geld gaan kry.

Hulle meen ook werknemers het baie voordele wanneer hulle van die huis af werk, soos ’n uur wat baie spaar omdat hulle nie na hul werkplekke hoef te reis nie.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.