Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Poena-verdagte stel topadvokaat aan
Retief Liebenberg tydens 'n vroeëre hofverskyning in die Benoni-landdroshof. Foto: Bongiwe Gumede

Die man wat weens die dubbele moord op sy dogter se kêrel, Poena Visser, en dié se pa, Dewald, teregstaan, sal na verwagting voor die einde van die jaar in die hooggeregshof in Pretoria verhoor word en het ’n topadvokaat aangestel.

Retief Liebenberg (46) van Benoni se moordverhoor is vandeesweek in die hooggeregshof in Delmas tot 2 November uitgestel. Sy psigiatriese waarneming is afgehandel.

Na verneem word, gaan hy deur adv. Laurance Hodes SC verdedig word.

■ Vrou se pa skiet kêrel, sy pa

■ Skieter se ma 'gaan in skok' ná nuus

■ Pa wou interdik kry weens vrees vir Poena

Adv. Phyllis Vorster, vir die staat, sê 2 November was die vroegste moontlike verhoordatum wat hulle kon vasstel. Al die sake in Delmas word stelselmatig na die hooggeregshof in Pretoria verskuif, aangesien die hooggeregshof nie meer in Delmas gaan sit nie.

Sy sê die psigiatriese verslag oor Liebenberg, wat verlede Donderdag ná 30 dae uit die Weskoppies-hospitaal ontslaan is, is nog nie aan die staat beskikbaar gestel nie.

Liebenberg word daarvan aangekla dat hy Poena (19) en sy pa, Dewald (47), glo in die begin van November 2013 ná ’n stryery by Liebenberg se huis in die Ebotse-gholflandgoed in Benoni doodgeskiet het.

■ Kyk video: Motors brul toe Poena en pa gegroet word

Hy was blykbaar ontevrede oor die verhouding tussen Poena en sy dogter, Chevonne (20).

Tydens sy borgtogaansoek is ’n sielkundige verslag by die hof ingedien waarin aangevoer is Chevonne het onder meer haar studies by die Noordwes-Universiteit verwaarloos. Dit het ook later aan die lig gekom dat sy dwelms misbruik het. Sy is kort voor die skietery uit ’n rehabilitasiesentrum ontslaan.

Verskeie skote is die aand in die Liebenberg-huis geskiet en die twee slagoffers is op die toneel dood. Chevonne se ouers is geskei en sy het by haar pa in die huis gewoon.

Liebenberg is dieselfde aand in hegtenis geneem en sowat tien dae later op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Hodes kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

 

Dewald 'Poena' Visser en Chevonne Liebenberg. (Argieffoto)
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.