Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
12 benoem vir nuwe NDOV

Die name van 12 kandidate met wie onderhoude volgende week gevoer sal word vir die vakante pos van nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is pas bekend gemaak.

Adv. Glynnis Breytenbach Foto: Argief

Volgens die presidensie was daar 22 aansoeke en 24 benoemings vir dié pos wat vakant geraak het toe die konstitusionele hof in Augustus beslis het oudpres. Jacob Zuma se aanstelling van Shaun Abrahams, die vorige NDOV, was ongeldig.

Die kandidate op die kortlys is:

Advv. Shamila Batohi, Glynnis Breytenbach, Andrew Chauke, Rodney de Kock, Andrea Johnson, Matric Luphondo, M. Makhari, Naomi Manaka, Xhanti Mapoma, Moiponi Noko, dr. Silas Ramaite, waarnemende NDOV, en adv. Simphiwe Mlotshwa.

Die onderhoude sal gevoer word deur 'n paneel kundiges wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangewys is om hom te help om die regte kandidaat te kies.

Ná die onderhoude sal ’n lys van drie kandidate aan die president voorgelê word om uit te kies.

Meer oor:  Glynnis Breytenbach  |  Kandidatelys  |  Ndov
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.