Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
16 EFF-LP’s skuldig aan parlementêre wangedrag

Die parlementêre komitee oor regte en voorregte het 16 EFF-LP’s skuldig bevind aan verskeie klagte van parlementêre wangedrag.

Dit spruit uit ’n voorval op 11 Julie 2019 toe hulle Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se begrotingsposdebat in die Nasionale Vergadering (NV) ontwrig het.

Luidens ’n verklaring wat Saterdag deur dié komitee uitgereik is, het die komitee op 4 Maart vergader om adv. Ncumisa Mayosi, wat namens die parlement die klagte aanhangig gemaak het, se betoog te bespreek. Sy het dit begin Desember gelewer.

Netwerk24 het op 11 Julie 2019 berig Gordhan se begrotingsposdebat is met 30 minute vertraag nadat EFF-LP’s die toespraak ontwrig het.

Die EFF het Gordhan ’n “konstitusionele misdadiger” genoem wat “geen plek hier het nie”. Dit was na aanleiding van Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, se verslag dat Gordhan vroeër as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toestemming gegee het vir ’n onwettige ondersoekeenheid.

Ná tien minute van chaos het die voorsitter van die sitting, Grace Borotho, die EFF gevra om te loop.

EFF-lede het toe vir Gordhan op die podium bestorm.

Veiligheidswagte het uiteindelik die EFF-lede verwyder.

Luidens die verklaring het die komitee besluit om die EFF-lede, teen wie Mayosi die klagte aanhangig gemaak het, skuldig te bevind. Een van die komiteelede het beswaar aangeteken, wat aangeteken is.

Die lede wat op verskeie klagte skuldig bevind is, is Nthako Matiase, Khonziwe Hlonyana, Rosina Komane, Khanya Ceza, Makosini Chabangu, Thokozani Langa, Brian Madlingozi, Mathibe Mohlala, Mothusi Montwedi,

Thembi Msane, Dumisani Mthenjane, Nazier Paulsen, Henry Shembeni, Mathapelo Siwisa, Primrose Sonti en

Lorato Tito.

Die EFF-lede kan nou vertoë aan die komitee rig vir strafversagting, terwyl Mayosi ook die kans gegun word om verswarende faktore aan die komitee voor te hou.

Hierna sal die komitee die NV oor sy besluit inlig.

• Dit is maar die tweede keer in die geskiedenis van die parlement dat so ’n verhoor gehou word. In 2014 het 20 EFF-parlementslede ’n maand se parlementêre salaris verloor. Hulle is daaraan skuldig bevind dat hulle die staatsrede van oudpres. Jacob Zuma ontwrig het omdat hy nie die staatsuitgawes aan sy tuiste by Nkandla wou terugbetaal nie.

Meer oor:  Skuldig  |  Eff-Lp's  |  Wangedrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.