Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
2019-verkiesing ‘wedloop tussen twee rasse’ – Maimane

Volgende jaar se algemene verkiesing gaan “absoluut kritiek” vir Suid-Afrika wees, meen Mmusi Maimane, DA-leier.

Dit omdat dit volgens hom die land se toekomstige vooruitsigte sal definieer en sal bepaal of “rassisme, staatskaping, korrupsie of ekonomiese ontwikkeling sal wen”.

Mmusi Maimane. Foto: Melinda Stuurman

“Dit is die keuses waardeur ons in die gesig gestaar sal word,” het Maimane gesê toe hy Maandagoggend saam met John Steenhuisen, DA-hoofsweep, ’n omvattende oorsig van die ANC-regering se prestasies in die parlement in 2018 gelewer het.

“Dit is nie per toeval dat rassevoorvalle aanhou gebeur nie. Dit is omdat Suid-Afrikaners die pyn van die ekonomiese druk voel. Maar dan het ons ook politieke partye wat sê dat die 2019-verkiesings ’n wedloop tussen een ras en ’n ander sal wees.”

Maimane het bygevoeg dat dit die rede is waarom hy glo die 2019-verkiesing die belangrikste een tot nog toe in Suid-Afrika sal wees. Dit veral omdat die “populistiese boodskappe” van die regerende ANC ’n al hoe groter kwessie word.

“Ek dink as die ANC en die EFF volgende jaar ’n tweederdemeerderheid kry, sal dit gevaarlik en verwoestend vir hierdie land wees,” het hy gesê.

  • Volg Netwerk24 vir meer hieroor.
Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  John Steenhuisen  |  2019-Verkiesing  |  Politiek  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.