Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
3 oud-presidente lei krisis-dialoog

In ’n ongekende stap gaan drie voormalige presidente en ’n adjunkpresident saamkom om die “diep en deurdringende nasionale algemene krisis waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word”, te bespreek.

Die stigtings van oudpresidente FW de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe, die voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka, Desmond en Leah Tutu, Robert Mangaliso Sobukwe, hoofman Albert Luthuli en Helen Suzman sal Vrydag met die nasionale dialoë begin.

De Klerk, Mbeki, Motlanthe en Ngcuka sal die nasionale dialoog toespreek “om ’n veilige, niepartydige platform vir Suid-Afrikaners van alle rasse te bied om die krisis in politieke bestuur, die toksiese politieke omgewing en die stand van die ekonomie” te bespreek.

Die stigtings sê die bedreigings vir Suid-Afrika se jong demokrasie sal bespreek word. Dit sluit volgens Nomhle Canca, voorsitter van die National Foundations Dialogue ­Initiative, die volgende in:

* Die heersende atmosfeer van wanhoop in die samelewing;

* Die afname in vertroue;

* Armoede en werkloosheid;

* ’n Verdeelde nasie;

* ’n Stagnante ekonomie en die groeiende kloof tussen ryk en arm;

* Misdaad wat hoogty vier en waarvoor die strafregstelsel nie ­opgewasse is nie; en

* Die onverpoosde aanvalle op en die verwering van instellings in staatsbesit.

Die dialoë sal die vorm van ’n tradisionele imbizo of die Amerikaanse stadsaalvergaderingaanneem, sê Canca.

Die vraag wat beantwoord moet word, is: “Wat moet gedoen word?”

Max Boqwana, uitvoerende hoof van die Thabo Mbeki-stigting, sê dis nie ’n poging van oudpresidente om “uit die graf te regeer nie”. – News24

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Fw De Klerk  |  Thabo Mbeki
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.