Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
36 mense sterf tydens onluste in Phoenix – Cele

Daar is 36 mense dood in die onlangse onluste in Phoenix in KwaZulu-Natal, sê Bheki Cele, minister van polisie.

“Die sterftes was weens misdadigheid met ’n element van rassisme,” sê Cele.

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het vroeër gesê minstens 110 mense is in Phoenix dood.

Cele het nie 'n verduideliking hieroor gegee nie, maar wel die oorsaak van die bevestigde sterftes gemeld. 

Hy sê van die 36 mense wat in Phoenix dood is, is minstens 30 doodgeskiet.

“Twee ander mense is in brande dood, een is doodgery, een is doodgesteek en twee ander is dood aan beserings weens aanranding,” sê Cele.

Hy sê die polisie het reeds 22 mense in Phoenix in hegtenis geneem.

“Daar is 112 onwettige vuurwapens gekonfiskeer,” sê Cele.

Volg Netwerk24 vir meer.

Uitgebrande motorwrakke in die strate van Phoenix in Durban tydens die onluste. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Bheki Cele  |  Geweld En Plundery  |  Onluste  |  Phoenix  |  Kzn-Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.