Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
4 gewond toe vriende, Cyril se wagte op strand skiet

’n Bloedige laatnag-skermutseling verlede naweek tussen drie lede van pres. Cyril Rama­phosa se beskermingseenheid en partyjiegangers op ’n Durbanse strand word nou deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

Die toneel van die skietery in Durban.

Minstens 52 patroondoppies is opgetel op die toneel van die skietery by die Bluff, waarvan die meerderheid glo deur die drie soldate van die weermag se spesiale magte met R5-aanvalsgewere afgevuur is.

Twee vroue wat ’n verjaardagpartytjie op die strand bygewoon het, is in die kop geskiet en nog ’n man is gewond, asook een van die lede van Ramaphosa se beskermingseenheid.

Volgens ’n senior offisier in die weermag was die weermaglede van die presidensiële beskermingsdiens deel van die groep wat Ramaphosa tydens die ANC se 107de bestaansjaarvieringe in Durban moes oppas.

Die skietery het Saterdagaand omstreeks 23:00 by Ansteys Beach, ’n gewilde piekniek- en kuierplek langs die see, losgebars nadat die soldate en die partytjiegangers stry gekry het. Niemand is seker wie eerste geskiet het nie.

Volgens een weergawe het die polisieman in die groep partytjiegangers eerste sy wapen uitgepluk en een van die soldate in die bobeen gewond. Die polisieman beweer glo dit was net ’n waarskuwingskoot. Die ander twee soldate het toe na hul diensvoertuig gehardloop en hul R5’e gaan uithaal. ’n Oor-en-weer-skietery het gevolg.

Volgens nog ’n weergawe was dit eerder rassistiese uitlatings wat tot die skietery gelei het.

Melani Simon, een van die partytjiegangers, het na berig word gesê een van haar vriende het gesukkel om sy motor oop te sluit en het die soldate om hulp gevra, waarna ’n argument in ’n skietery ontaard het.

Luidens die eerste polisieverslag oor die voorval, wat Rapport onder oë gehad het, is niemand oor die voorval in hegtenis geneem nie, weens die botsende weergawes van wat gebeur het. Daar is ook nie videokameras in die omgewing om lig op die saak te werp nie. Die weermag het die afgelope week ’n sluier van geheimhouding oor die voorval getrek.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Durban  |  Skietvoorval  |  Opod  |  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.