Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
8 staan in verkiesing in Metsimaholo

Nie minder nie as agt kandidate sal op 1 Februarie in die enigste munisipale tussenverkiesing in die Vrystaat teen mekaar te staan kom.

Die Metsimaholo-munisipaliteit, wat Sasolburg, Oranjeville en Deneysville bedien, is die enigste Vrystaatse munisipaliteit wat nie deur die ANC beheer word nie. Die DA, EFF en VF Plus beheer die munisipaliteit in ’n koalisie en strawwe mededinging word in wyk 12 verwag.

Die agt kandidate is ’n onafhanklike kandidaat,

Mbaliso Mdolomba, Mthakathi Malindi (African Independent Congress), Lebohang Makhefu (ANC), Modisenyane Paulinah Phume (DA), Sello Mathibe (EFF), Mnyamezeli Khonto (Forum 4 Service Delivery), Nthabiseng Makhetha (Metsimaholo- plaaslike munisipaliteit) en Mokhanedi Ntaopane (PAC).

Die wyk het voorheen ’n ANC-verteenwoordiger gehad, maar dié het intussen bedank wat tot die tussenverkiesing gelei het.

Die stempersentasie in die 2016- munisipale verkiesing in die wyk was 49,62%.

Meer oor:  Sasolburg  |  Deneysville  |  Kandidate  |  Tussenverkiesing  |  Munisipale  |  8
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.