Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
9 uit 11 kommissies verwerp 'wit monopolie-kapitaal'

Pres. Jacob Zuma se faksie in die ANC het Dinsdagaand ‘n gatslag  beleef toe hul mantra van wit monopolie-kapitaal deur nege van die 11 kommissies op die party se beleidskonferensie in Johannesburg verwerp is.

Joel Netshitenzhe Dinsdag by die ANC se beleidskonferensie by Nasrec in Johannesburg. Foto Deaan Vivier

Joel Netshitenzhe, ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het nadat die kommissie oor strategie en taktiek se verslag aan die konferensie voorgelê is, op ‘n mediakonferensie by Nasrec gesê die gevoel is daar moet eerder van monopolistiese kapitaal gepraat word.

Hoewel daar nie gepraat kan word van wit monopolie-kapitaal nie, kan die feit nie ontken word nie dat daar steeds wit oorheersing van die ekonomie is, het Netshitenzhe gesê.

“Die verhouding tussen die ANC en monopolie-kapitaal is een van eenheid, samewerking en wedywering.”

Netshitenzhe het gesê daar was “intense debat” in die kommissie oor die kwessie. 

Die Zuma-faksie het die laaste maande die trom van wit monopolie-kapitaal en radikale ekonomiese tramsformasie hard geslaan. Dit het ook die verkiesingsmantra geword van dr. Nksosazana Dlamini-Zuma , wat hoop om in Desember die leierskap van die ANC by haar eksman oor te neem.

Volg Netwerk24 vir die volledige berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.