Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DROOGTE-KRISIS
Boere kry nie hulp van staat
Nomvula Mokonyane

Boere sal nie geldhulp van die staat kry om hulle deur die droogtekrisis te help nie. Hulle moet leer aanpas en anders begin boer.

Die regering se prioriteit is die 2,7 miljoen gesinne – 18% van die bevolking – wat geen of min water het, sê Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie.

Sy het Sondag in Johannesburg gepraat op ’n inligtingsessie oor die waterkrisis en droogte wat feitlik die hele land in ’n wurggreep het.

Sy sê besproeiingsboere gebruik reeds 60% van die land se water en daarom meen die departement van water en sanitasie finansiële ingryping in die landbou is nie moontlik nie.

“Die georganiseerde landbou moet leer om by veranderende omstandighede aan te pas. Hulle moet anders begin boer en besproei en nie van finansiële hulp afhanklik wees nie.”

Agri SA het verlede week gevra dat die regering weens die droogte in die landbou ingryp.

Die regering moet nou eers die 2,7 miljoen gesinne in 6 500 gemeenskappe in KwaZulu-Natal, die suide van Mpumalanga, Limpopo en Noordwes wat waterprobleme ervaar, bystaan, sê Mokonyane. Dié gebiede het géén water nie of ervaar ’n erge watertekort. As dit nie gou reën nie, kan tot 11 000 landelike gemeenskappe binnekort sonder water wees. “Dis hiér waar ons moet ingryp,” sê Mokonyane.

Voedselsekerheid mag egter nie op die spel geplaas word nie, sê sy. Volgens haar praat
Senzeni Zokwana, minister van landbou, met alle boere in die land oor die droogtesituasie. Hy stel onder meer programme vir voerkrale saam.

Mokonyane sê die land ervaar ’n erge waterkrisis, wat vererger word deur die droogte en klimaatsverandering. “Ons het egter nog altyd ’n waterkrisis ervaar, veral as mens in gedagte hou dat Gauteng met sy meer as 12 miljoen inwoners feitlik geheel en al van die waterskemas in Lesotho afhanklik is.”

Mokonyane pleit dat alle Suid-Afrikaners hande vat en water spaar. “Ons moenie beangs wees nie, maar bly hoop.”

Gauteng, die ekonomiese hartland van die land, is vir “die volgende paar jaar verseker van genoeg water”. Water gaan binnekort uit die Sterkfonteindam (in die Tugelarivier) na die Vaalrivier gepomp word sodat die watervlak van die Vaaldam kan styg. Dié dam is 54,8% vol en die Sterkfonteindam 100%.

Net KwaZulu-Natal en die Vrystaat is tot dusver tot rampgebiede verklaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.