Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Vrystaat nié herdoop nie as mense dit verwerp’
Ons dink dit is ’n goeie gesprek, maar ons het in dié stadium geen name in gedagte nie.

Die plan om die Vrystaat se naam te verander het ’n geweldige reaksie onder inwoners van die provinsie ontlok. Mense sê ook hulle sal in opstand kom teen dié voorstel.

Terwyl die ANC self teruggekrabbel het ná Mathabo Leeto, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, se eensydige naamplanne, is hulle daarop gewys dat om ’n provinsie se naam te verander, art. 103 van die Grondwet gewysig moet word, het die Centre for Constitutional Rights op Twitter oor dié plan gesê.

Nog stories wat goed gelees word:

Morné Boshoff ‘was moordenaar se bestuurder’

Tunisië-bloedbad: Groep van SA spring slagting vry oor duur kaartjies

Paar sien polisielede vir nóg terroriste aan

Die wysiging het nie betrekking op die naamsverandering van strate of dorpe nie.

Volgens Leeto is “Vrystaat” een van 37 plekname in die provinsie wat binnekort verander gaan word.

Volgens haar sal die Vrystaat ’n Sotho-naam kry omdat die naam nie verteenwoordigend is van die meeste mense wat hier woon nie.

“Sotho-sprekers praat van Vrystaat, dit is ’n Afrikaanse woord.”

Thabo Meeko, ANC-woordvoerder, het by navraag gesê die herbenoeming van die Vrystaat is nog nie deur die party bespreek nie “en sal nie gebeur as die mense van die provinsie die naamsverandering verwerp nie”.

Hy het gesê die ANC deel nie Leeto se standpunt nie, hoewel ’n gesprek oor die verandering van verskeie openbare plekke se name wel beoog word.

“Die mense moet deelneem en voorstelle vir moontlike name vir die provinsie indien, maar as die mense nie wil hê die naam moet verander nie, sal dit nie. Selfs Engelse name is welkom.”

Volgens hom sien die LUR die naam van die provinsie steeds as ’n koloniale term.

“Ons dink dit is ’n goeie gesprek, maar ons het in dié stadium geen name in gedagte nie.”

Wouter Wessels, VF+-leier in die Vrystaatse wetgewer, het Ace Magashule, premier, Donderdag erg gekap omdat hy Kubane werf en nalaat om iets te doen aan die munisipaliteite wat ineenstort.

“Ons kan die Vrystaat se naam netsowel na Kuba verander.”

Natie Botes, ’n inwoner van Bloemfontein, het oor die naamsverandering gesê as hy reg onthou, het die ANC die provinsie in 1994 herdoop.

“Ek onthou dat Terror (Mosiuoa) Lekota spesifiek melding gemaak het dat ons nou almal vry is. Ek wonder of hulle regsaanspreeklik gehou kan word vir die koste van ’n tweede naamsverandering.

“(Dit) is egter net die kersie op die koek. Ek is niks anders as ’n Vrystater nie. Ek het geen keuse as om teen dié voorstel te rebelleer nie.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.