Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wapen-verslag eers in 2016, Seriti kap media
Willie Seriti Foto: Bredon Croft

Die finale verslag van die Seriti-kommissie van ondersoek na die omstrede wapentransaksies van die laat 1990’s sal waarskynlik eers volgende jaar uitgereik word.

Die kommissie het sy taak Maandag afgesluit.

Die verslag moet voor Desember 2015 aan pres. Jacob Zuma gestuur word wat dit dan sal bestudeer.

Lees ook:

Wapenskandaal: Finale verslag van Seriti-kommissie kom dalk eers in 2016

Wapens: ‘Saab betaal SA agente’

Ondersoek na wapen-skandaal ‘gaan niks oplewer nie’

Appèlregter Willie Seriti, voorsitter van die kommissie, het in sy slottoespraak te velde getrek teen die media wat die kommissie se onafhanklikheid die afgelope vier jaar gekritiseer het.

“Ons is slegs verantwoordbaar teenoor die president,” het Seriti gesê. “Ons sal probeer om ons verslag nog voor Desember aan hom te stuur.”

Verskeie rolspelers in die wapentransaksies het Maandag in hul slotbetoë voor die kommissie alle bewerings van korrupsie ontken.

Volgens die Sweedse vliegtuigvervaardiger Saab, sy Britse vennoot BAE Systems, die interministeriële komitee oor die wapentransaksies en adv. Fana Hlongwane se regspanne is geen konkrete bewyse van onreëlmatighede, bedrog of korrupsie aan die kommissie voorgelê nie.

Die Sweedse koerant Expressen het verlede week en die naweek in ’n reeks berigte beweer Saab het miljarde rande aan “agente” betaal. Expressen se bewerings word gegrond op vertroulike dokumente wat die teendeel bewys. Beeld het ook dié dokumente, wat in 2007 aan die Britse polisie se kantoor teen ernstige korrupsie oorhandig is, onder oë gehad.

Saab het tot dusver volgehou hy is onskuldig.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.