Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Aanbod vir SA boere staan nog, sê Aussie-minister
Peter Dutton. Foto: Argief

Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake, sê dit is onbetwisbaar dat Suid-Afrikaanse boere vervolg word.

Dutton sê niemand in die koalisieregering het sy aanbod om hulp aan wit Suid-Afrikaanse boere teruggetrek nie.

Sy reaksie kom nadat die Suid-Afrikaanse regering die naweek beweer het Julie Bishop, die Australiese minister van buitelandse sake, het die aanbod teruggetrek.

Dutton het vroeër aangebied dat Suid-Afrikaanse boere wat aan die vereistes voldoen, gehelp sal word om hulle as deel van ’n vlugtelingprogram in Australië te vestig.

Dutton het aan Sky News in Australië gesê die land sal doen wat hy kan om mense in ’n wanhopige situasie te help.

Meer oor:  Peter Dutton  |  Australië  |  Emigrasie  |  Sa Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.