Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace: ‘Dwing debat oor wantroue'

Die DA in die Vrystaat gaan die hooggeregshof vra om die speaker van die wetgewer, Mamiki Qabathe, te dwing om ’n spesiale sitting te hou waarop ’n mosie van wantroue in Ace Magashule, premier van die Vrystaat, ingestel kan word.

Mamiki Qabathe, speaker van die Vrystaatse wetgewer.Foto: Dumelang News

Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê Magashule moes onmiddellik as premier bedank het toe hy tot sekretaris-generaal van die ANC verkies is. Sy versuim om te bedank, asook die inhegtenisnemings oor die Vrede-suiwelprojek en ander omstrede kwessies, is van die redes vir die mosie van wantroue in Magashule.

Qabathe was die Vrystaatse LUR vir landbou toe die suiwelprojek in bedryf gestel moes word.

Jankielsohn sê dit lyk asof Qabathe en Neels van Rooyen, hoofsweep van die wetgewer, vasbeslote is om tot elke prys ’n mosie van wantroue te probeer keer.

Van Rooyen het gesê die wetgewer se program is te druk en daar is nie genoeg tyd vir so ’n vergadering nie. Maar verlede week het Qabathe die provinsiale rede wat op 20 Februarie in Parys gehou sou word, tot verdere kennisgewing uitgestel.

Qabathe is om kommentaar gebel, maar het nie haar telefoon beantwoord nie.

Die VF Plus en EFF het gesê hulle sal die mosie van wantroue teen Magashule ondersteun.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Wantroue  |  Mosie  |  Wetgewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.