Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace erken hy ‘inisieer’ vergadering met Zuma
Ace Magashule.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het erken hy het 'n vergadering met oudpres. Jacob Zuma verlede week in Durban “geïnisieer”, maar het geweier om te sê wat op die geslote vergadering bespreek is.

Magashule het joernaliste Dinsdag in Johannesburg toegespreek.

Hy het gesê die ANC se top-ses het Maandag vergader en almal was tevrede met sy verduideliking oor die vergadering met Zuma en Supra Mahumapelo, die voormalige premier van Noordwes.

“Hoekom moet ek verantwoording doen wanneer ek met leiers van die ANC vergader? Ek het die vergadering met pres. Zuma (sic) geïnisieer om sekere kwessies te bespreek,” het Magashule gesê.

“Ek kan nie praat oor wat ons bespreek het nie, dit is organisatoriese kwessies en ek het dit so aan ons nasionale beamptes verduidelik.”

Magashule het ook ontken dat daar ’n komplot is om pres. Cyril Ramaphosa uit sy amp te verwyder. Hy het na dié gerugte as “moedswillig” verwys.

Meer hieroor volg later.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Jacob Zuma  |  Geheime Vergadering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.