Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace hof toe oor sy skorsing

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, sal Vrydag op ’n semi-dringende grondslag ’n hofaansoek teen sy skorsing indien.

Magashule het Donderdagaand stukke aan die ANC bedien waarin hy aanvoer die reël wat hom dwing om opsy te staan, is ongrondwetlik.

Advokaat Dali Mpofu tree namens Magashule op. 

In die stukke voer Magashule aan dat die party se Reël 25.70 in die ANC-grondwet, wat diegene wat van ernstige misdade in ’n hof aangekla is dwing om opsy te staan, die grondwetlike beginsel van onskuldig tot skuldig bewys, ondermyn.

Daar word verneem dat Magashule in sy hofstukke aanvoer dat hierdie reël spesifiek bygevoeg is om hom te teiken. 

Hy voer ook aan dat pres. Cyril Ramaphosa se brief van Augustus 2020, waar daar ’n streep in die sand getrek word oor korrupsie in die ANC, geskryf is om Magashule te teiken. 

Ramaphosa sou straks na bewering weet dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hom in November van bedrog en korrupsie sou aankla.

Magashule is einde Maart deur die ANC beveel om opsy te staan nadat die integriteitskomitee in Desember so ’n aanbeveling gemaak het.

Bronne naby aan Magashule het  aan News24 gesê dat hy na verwagting inderdaad om verskoning sal vra vir die brief waarin hy Ramaphosa “geskors” het.

Die verskoning sal wel met voorwaardes kom, het ingeligtes na aan Magashule gesê.

Magashule se aansoek sal na verwagting voor die einde van die maand aangehoor word met ’n beslissing vroeg in Junie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Opsystaan  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.