Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ace kon nie vir altyd wegkruip,’ sê DA in VS

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het lank vir al die aantygings en bewerings teen hom weggehardloop, maar kon nie vir altyd wegkruip nie.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê die wiele van geregtigheid draai stadig, maar in die geval van Magashule draai dit tog.

Hy het gereageer op die nuus dat ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Magashule, voormalige premier van die Vrystaat.

Dit hou verband met die asbesdak-skandaal van R255 miljoen in die Vrystaat wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping onthul is.

Ace Magashule twee weke gelede in die landdroshof in Bloemfontein vir die saak van sy eertydse lyfwag, Ricardo Metler, oor die Pierneef-skildery-sage. Foto: Mlungisi Louw

Magashule word deur agt aanklagte van bedrog, vyf aanklagte van korrupsie en agt van geldwassery in die gesig gestaar wat met betalings aan derde partye verband hou.

Netwerk24 het betroubaar verneem dat nog minstens drie mense in die Valke se visier is.

Jankielsohn beweer hoewel die lasbrief vir die asbesdakprojek is, is daar nog baie ander projekte waaroor Magashule in hegtenis geneem kan word. Dit is projekte soos die Vrede-suiwelprojek, die Ramkraal-ontwikkeling buite Bloemfontein en ander waarvoor hy, volgens die party, ook verantwoordelik gehou kan word.

“Die DA in die wetgewer is trots op die rol wat ons gespeel het om mense verantwoordbaar te hou vir die korrupsie, nepotisme en selfverryking wat ’n kenmerk van die Vrystaatse provinsiale regering geword het en wat onder die premierskap van Magashule ontaard het in ’n netwerk van misdaadsindikate,” sê Jankielsohn.

Leona Kleynhans, ook ’n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê hulle is baie bly dat “die laaste man wat die Vrystaat (na bewering) geplunder het en sy inwoners sedert 1994 verarm het, nou geregtigheid in die gesig staar”.

Ace Magashule twee weke gelede by die landdroshof in Bloemfontein vir die saak van sy eertydse lyfwag, Ricardo Metler, oor die Pierneef-skildery-sage.

“Hy het vir 20 jaar straffeloos te werk gegaan en die DA se regsaksie, wat oor baie jare strek, het Magashule in die hof laat beland.”

Kleynhans sê die tragedie van die verwoesting van die Vrystaat en die plundering van staatskoffers sal nou hopelik tot ’n einde kom. “Die wiele van geregtigheid draai inderdaad stadig, maar die DA gaan sekermaak dat sy onverbiddelike beweging nie gestop word nie.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê hy sal wil sien dat die ondersoekwerk deeglik gedoen word en dat die vervolging van Magashule suksesvol deurgevoer word “sodat hy die swaarste straf moontlik kry, selfs gevangenisstraf indien toepaslik, indien hy skuldig bevind word”.

Die VF Plus hoop dat al die rolspelers wat betrokke was by die plundering van belastingbetalers se geld, ongeag hul posisie of politieke verbintenisse, in hegtenis geneem sal word, in die hof sal verskyn en dat die ondersoeke teen hulle deeglik genoeg gedoen word om te verseker dat hulle die gepaste straf kry.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Roy Jankielsohn  |  Ace Magashule  |  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Lasbrief  |  Asbesdakprojek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.