Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace ‘konsulteer’ Zuma by Nkandla

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, besoek tans oudpres. Jacob Zuma vir “konsultasie” by sy woonkompleks in Nkandla.

NewsRoom Afrika het Donderdag vanaf Nkandla berig dat Magashule kort voor 11:00 by die oudstaatshoof se woning aangekom het. Magashule se kantoor kon dit egter nog nie bevestig nie.

Sy besoek is deel van sy plan wat die tydperk van 30 dae betref wat die ANC aan die einde van Maart aan alle ANC-lede gegee het wat van korrupsie en ander ernstige misdaad aangekla word om hul pos te ontruim.

Donderdag is die sperdatum vir die ANC in al die provinsies om die name van hierdie lede aan Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, te verskaf.

Magashule het Dinsdag ook vir Mathews Phosa, voormalige ANC-tesourier-generaal, besoek.

Magashule het vroeër gesê dat hy Zuma, asook oudpresidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe oor sy politieke lot sal konsulteer.

Hy staan tereg op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog wat spruit uit die sogenaamde skandaal oor 'n asbesdaktender wat in sy tyd as Vrystaatse premier toegeken is.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Jacob Zuma  |  Nkandla  |  Opsystaan  |  Anc-Faksies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.