Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace loop kwaai onder jeugliga-man se tong deur

“Ace Magashule is ’n misdadiger, ’n onregeerbare Idi Amin-agtige skobbejak wat obsessief is oor plundery al moet hy ander individue uitbuit vir sy eie gewin.”

Dít is die harde woorde wat Lonwabo Dyi, waarnemende streeksekretaris van die ANC-jeugliga in die Xhariep-streek in die Vrystaat, na Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, geslinger het.

Dyi het in ’n verklaring gesê hulle verwelkom die feit dat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping nou op die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat fokus, asook op die betrokkenheid van die Guptas en Vrystaatse amptenare en politici daarby.

Ace Magashule

Dyi sê die onsinnige verslag van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, oor dié projek ’n paar maande gelede en die lomp aanbevelings wat sy gemaak het, wys dat sy nie ’n duit omgee vir geregtigheid nie.

Hy sê volgens Mkhwebane se aanbevelings moet “teedames en lyfwagte van Ace”, soos Mosebenzi Zwane, verantwoordelik gehou word vir die plundering en verwoesting by Vrede, alvorens Magashule verantwoordelik gehou word.

Volgens Dyi weet dieselfde “teedames” dat die projek deur Magashule opgemors is omdat hy hulle gedwing het om dokumente te onderteken om die rykdom aan die Guptas te oorhandig.

Dyi sê die Xhariep-streek sal die Zondo-kommissie fyn dophou aangesien hulle geen twyfel het nie dat ander ook by die skandaal betrokke is.

“As die ANC-jeugliga gaan ons nie stilbly nie, ons gaan die kommissie kans gee om sy werk te doen en sal voortgaan om ander LUR’e wat by skandale en projekte onder Ace se leierskap betrokke was, bloot te lê.”

Telefoonoproepe aan Pule Mabe, die ANC se woordvoerder, het onbeantwoord gebly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.