Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace moet aan NUK verduidelik
Ace Magashule

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, sal na verwagting hierdie naweek aan die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) rekenskap gee na bewerings dat hy deel was van ’n komplot teen pres. Cyril Ramaphosa.

Magashule is die mees onlangse van oudpres. Jacob Zuma se bondgenote wat deur die NUK oor die vingers getik word.

Magashule is saam met Zuma, Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, en Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, buite ’n hotel in Durban gesien. Volgens die Sunday Times was dié vergadering gemik op ’n staatsgreep teen Ramaphosa.

Magashule het die bewerings ontken en gesê dit was ’n doodonskuldige kuiertjie saam met die voormalige ANC-leier. Hy het egter nog nie die vergadering aan die NUK verduidelik nie.

Jackson Mthembu.

Jackson Mthembu, lid van die NUK, het getwiet dat die bewerings ondersoek moet word.

“Die beweerde geheime komplot, wat ongelukkig die SG, kameraad Ace Magashule, insluit, ondermyn die eenheid en hernuwingspogings van die ANC,” het hy getwiet.

Lede van die NUK het aan News24 gesê hulle verwag niks minder as ’n verskoning van Magashule nie.

“Hy moet om verskoning vra aan die ANC-lede en die nasie vir die komplot teen die president,” het een van die NUK-lede gesê.

Teenstanders van Magashule meen die sekretaris-generaal se aansien sal ná die naweek se vergadering taan.

Die laaste vergadering van die NUK het die party se provinsiale uitvoerende komitee in Noordwes ontbind en Supra Mahumapelo as voorsitter ontsetel.

Die ANC se nasionale voorbereidingskomitee het egter later besluit om hom by die taakspan van die provinsie in te sluit om voor te berei vir nuwe interne verkiesings.

Ander NUK-lede verwag dat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesprekke sal oorheers. Van hulle wil hê dat ANC-leiers wat by staatskaping betrek word en moontlik aangekla kan word voor die party se integriteitskommissie gedaag word.

Magashule is nie regstreeks betrek nie, maar die kommissie van ondersoek het gehoor dat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat sy kantoor die meeste geld betaal het aan die Guptas se mediamaatskappy.

Hy is ook geïmpliseer by korrupsiebewerings wat verband hou met die Vrede-melkplaas wat veronderstel was om swart boere te bemagtig. Geld bestem vir die projek is egter na bewering in 2013 gebruik vir ’n glansryke troue van ’n Gupta-familielid in Sun City.

Sommige in die ANC was teleurgesteld dat Magashule in Desember tot sekretaris-generaal – die enjin van die party – verkies is.

Magashule is egter oortuig dat niemand hom uit die pos kan verwyder nie.

Meer oor:  Nuk  |  Komplot  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.