Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace moet self sê oor vergadering met Zuma, sê Kodwa

Die ANC het dit aan Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, oorgelaat om self te verduidelik of hy ’n geheime vergadering saam met oudpres. Jacob Zuma bygewoon het waar glo saamgesweer is om pres. Cyril Ramaphosa uit die kussings te lig.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Sarel van der Walt

Zizi Kodwa, hoof van die presidensie by die ANC-hoofkwartier in Johannesburg, Luthuli-huis, het dit Maandagmiddag duidelik op ’n nuuskonferensie gestel dat die ANC nie gaan kommentaar lewer oor wat sy lede in hul private hoedanigheid doen nie.

Kodwa het gesê die mense wat die vergadering bygewoon het, moet self pa staan vir wat hulle op die vergadering gedoen het.

“Indien individue vergaderings op ’n ander plek hou, kan hulle self verduidelikings verskaf, nie die ANC nie. Indien dit ’n ANC-vergadering is, sal ons só ’n vergadering verduidelik,” het Kodwa gesê.

“Die mense op die vergadering is in ’n beter posisie om hul optrede te verduidelik, of te ontken dat daar so ’n vergadering was,” het Kodwa gesê.

Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat Magashule, Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, Meokgo Mathuba, sekretaris-generaal van die Vroueliga, en Thandoxolo Sabelo, leier van die Jeugliga in KwaZulu-Natal, onlangs in Durban vergader het om planne te beraam om ’n opstand teen Ramaphosa te beplan.

  • Meer volg binnekort.
Meer oor:  Zizi Kodwa  |  Jacob Zuma  |  Ace Maga­Shule  |  Luthuli-Huis  |  Geheime Vergadering  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.