Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace ‘sal gedwing word’ om opsy te staan

Alles dui daarop dat Ace Magashule "gedwing" gaan word om as sekretaris-generaal van die ANC opsy te staan.

So het ’n ingeligte bron gesê kort nadat Business Day ook Dinsdag berig het dat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand op ’n vergadering met Magashule die heelhartige steun van die res van die ANC-topsesleiers gekry het om Magashule te dwing om sy pos onmiddellik te ontruim. Dít hangende die afhandeling van die hofsaak waarin hy tans op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog teregstaan.

News24 het later Dinsdag ook berig dat die ANC se nasionale werkkomitee, wat Maandag oor die “opsystaan”-besluit vergader het, ook die “groen lig” gegee het om die beleërde Magashule te skors.

Die bron, wat anoniem wil bly, het bygevoeg dat Magashule Sondag op sy vergadering met die topsesleiers steeds gesê het dat hy nie “self opsy sal staan nie”.

“Hy is toe meegedeel dat hy hulle geen ander keuse laat as om hom te dwing om opsy te staan nie.”

Dinsdag is wyd bespiegel dat die ANC die besluite van sy nasionale werkkomitee se vergadering van Maandag later Dinsdag bekend sou maak.

Intussen het adv. Bongani Bongo, ’n politieke bondgenoot van Magashule, Maandag gesê dat hy sal appelleer teen die ANC-leierskap wat hom ook wil dwing om n van sy huidige pos as voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake opsy te staan. Dit is omdat hy “vol vertroue is” dat hy die hangende korrupsiesaak teen hom in die hooggeregshof in Mpumalanga “sal wen”.

Hulle het toe aan hom gesê dat hy hulle met geen ander keuse laat as om hom te dwing om opsy te staan nie.

Die omstredenheid rakende die “opsystaan”-besluit kom nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) einde Maart vanjaar besluit het dat alle ANC-lede wat van korrupsie of ander ernstige misdade aangekla word, binne 30 dae hul poste moet ontruim. Indien nie, sal hulle geskors word.

Die NUK vergader die komende naweek weer om onder meer die ly van mense wat die onderskeie ANC-provinsies benoem het om opsy te staan te finaliseer.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Opsy Staan  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.