SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
Ace: Sy antwoorde ‘vaag en teenstrydig’
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdagmiddag op ’n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se mediakonferensie Dinsdagmiddag by Luthuli-huis oor die herroeping van pres. Jacob Zuma, het gewemel van teenstrydighede, sê twee politieke kommentators.

Prof. Pieter Labuschagne, ’n politieke ontleder van Unisa, sê Magashule se terugvoer en hantering van die media se vrae by die ANC-hoofkantoor in Johannesburg “was deurspek met vaaghede en teenstrydighede”, terwyl Theo Venter, ’n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom se sakeskool, Magashule se opmerkings ’n “gevallestudie in dubbelsinnigheid” noem.

Labuschagne sê Magashule het byvoorbeeld verduidelik dit is die ANC se reg is om kragtens sy grondwet “ontplooide” kaders te herroep. “Maar dan noem hy dat hulle steeds met Zuma onderhandel oor óf hy gaan bedank en wanneer hy gaan bedank.

“Herroep is herroep, sê Labuschagne.

“Die ANC gee so hoog op dat hy besig is met ’n transformasieproses, maar dit is onjuis – dit is eerder die oorgang van die Zuma-faksie na die Ramaphosa-faksie.

Ek glo ook die rede waarom Zuma so vasskop, is omdat hy weet hy het nog steun in die topses.

“Magashule het homself verraai toe hy geantwoord het dat daar teenstrydige menings is toe die media hom gevra het of die besluit (van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC om Zuma te herroep) ’n konsensusbesluit was.

“Dit verduidelik die marathonvergadering gisteraand (Maandagaand tot in die vroeë oggendure Dinsdag),” sê Labuschagne.

“Ek glo ook die rede waarom Zuma so vasskop, is omdat hy weet hy het nog steun in die topses.”

Venter sê dit was duidelik Magashule sou nie behoorlike antwoorde gee op die vrae van joernaliste nie.

“Sy antwoorde het gewemel van dubbelsinnighede.”

Venter sê dit was ook simbolies dat twee van die grootste Zuma-ondersteuners – Magashule en Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal – die mediakonferensie gelei het.

“ ’n Mens kon sien daar was tye dat Magashule op ’n natuurlike wyse onder meer Zuma se waardigheid probeer beskerm het.”

Meer oor:  Theo Venter  |  Jacob Zuma  |  Ace Maga­Shule  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.