Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Action SA nou geregistreer as politieke party

ActionSA het sy kenteken verander en is nou amptelik as ’n politieke party geregistreer.

Herman Mashaba, leier van ActionSA, het Sondagoggend in ’n verklaring gesê die Verkiesingskommissie (OVK) het die party skriftelik in kennis gestel sy aansoek om as ’n politieke party te registreer is goedgekeur.

Mashaba sê dit volg nadat ActionSA besluit het om nie voort te gaan met regsoptrede teen die OVK nie en eerder sy kenteken te verander.

Die OVK het aanvanklik ActionSA se aansoek van die hand gewys.

Dit was omdat die party se kenteken die Wet op Heraldiek oortree en te veel elemente van die Suid-Afrikaanse vlag bevat het, het die OVK aanvanklik gesê.

Die ou embleem van Action SA.

Hy het later gesê ActionSA se kenteken het te veel ooreenkomste met dié van die Party of Action (POA) getoon en dit kon kiesers verwar.

ActionSA wou die besluit in die hof betwis, maar het na ’n konsultasieproses met sy ondersteuners besluit om eerder die kenteken te wysig.

Die nuwe kenteken wat nou deur die OVK goedgekeur is, is baie naby aan die oorspronklike een, sê Mashaba.

“Dit was vir ons baie belangrik omdat sy identiteit die onderwerp was van ’n nege maande lange openbare betrokkenheidsproses.

“Die nuwe embleem behou die vorm van die Suid-Afrikaanse vlag met ’n rigtinggewende pyl langs die A wat dui op aksie,” sê Mashaba.

Hy glo steeds sy party is die eerste werklike alternatief vir die ANC.

Mashaba sê 160 000 vrywilligers het hulle al by die party aangesluit.

Die registrasie van die party is ’n belangrike mylpaal in die aanloop tot volgende jaar se plaaslike verkiesing, sê hy.

Meer oor:  Action Sa  |  Herman Mashaba  |  Politieke Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.