Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mabuza nie Woensdag as LP beëdig

Adj.pres. David Mabuza is nie Woensdag as 'n lid van die parlement (LP) beëdig nie, omdat hy eers beweringe teen hom wil opklaar.

Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het Woensdagoggend aangekondig dat hy 'n versoek van Mabuza, wat ook die ANC-adjunkpresident is, ontvang het om sy beëdiging as LP uit te stel.

Ramaphosa het dit goedgekeur.

Pres. Cyril Ramaphosa (middel) saam met sy twee grootste bondgenote in die party se topses, die ANC-voorsitter Gwede Mantashe (links) en adj.pres. David Mabuza, by ’n partybyeenkoms in Januarie vanjaar. Foto: Phill Magakoe

“Die adjunkpresident het die versoek gerig in die lig van 'n verslag van die ANC se integriteitskomitee waarin daar beweer word dat die adjunkpresident die integriteit van die ANC benadeel en die organisasie in oneer gebring het. Die adjunkpresident het gesê dat hy eers die geleentheid wil hê om die integriteitskomitee oor hierdie beweringe toe te spreek.

"Intussen het hy besluit om sy gewete te volg deur sy beëdiging as LP in die Nasionale Vergadering uit respek vir die ANC se instellings en prosesse uit te stel. Die adjunkpresident glo dat die ANC as regerende party sy verkiesingsmandaat moet bevorder in 'n omgewing van openbare vertroue," sê Ramaphosa in 'n kort verklaring.

“Die ANC loof Mabuza vir hierdie posisie wat hy ingeneem het en ek persoonlik verwelkom sy besluit om die belange van die ANC eerste te stel."

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Nuwe Parlement  |  Parlementêre Leiers  |  Politiek  |  Beëdig  |  David Mabuza
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.