Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Adjunk-OB: ANC se meerderheid gee Kholeka Gcaleka deurslag

Adv. Kholeka Gcaleka sal binnekort amptelik adv. Busisiwe Mkhwebane se adjunk as openbare beskermer (OB) wees.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het Woensdag ’n voorlopige verslag waarin die ANC sy meerderheid gebruik het om haar vir die pos van adjunk-OB te benoem, aanvaar.

Die komitee sal haar benoeming nou eers vir die Nasionale Vergadering aanbeveel wat dit moet goedkeur voordat dit van krag sal wees.

Kholeka Gcaleka
Kholeka Gcaleka. (Jan Gerber, News24)

Dit is dieselfde pos waarvoor Buang Jones, waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), ook aansoek gedoen het. Jones het met sy omstrede uitsprake in die Eben Etzebeth-haatspraakgeding ’n tameletjie vir die MRK geskep.

Adv. Glynnis Breytenbach het tydens die sitting Woensdag dit op rekord gestel dat die DA en EFF nie Gcaleka se benoeming ondersteun het nie.

Steve Swart, ACDP-LP, het ook gesê sy party ondersteun nie die verslag nie.

’n Nuwe adjunk-OB moet aangestel word omdat adv. Kevin Malunga, die huidige adjunk-OB, se termyn as adjunk-OB op 9 Desember verstryk.

Gcaleka en Jones was deel van ’n kortlys van sewe kandidate waarmee die komitee op 12 en 13 November onderhoude vir die pos gevoer het. Nadat die komitee die kandidate bespreek het, het die ANC Dinsdag besluit om Gcaleka vir die pos te benoem.

News24 het vroeër berig hoe ANC-LP’s Dinsdagmiddag tydens die bespreking van Gcaleka se benoeming versoek het dat sy nie “gekruisig” moet word omdat sy voorheen vir omstrede figure soos oudminister Malusi Gigaba, as regsadviseur, en Menzi Simelane, destydse nasionale direkteur van openbare vervolging, as aanklaer, gewerk het nie.

Gcaleka is tans die regsadviseur vir Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie.

Meer oor:  Kholeka Gcaleka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.