Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Advokaat van Hansie-ondersoek ook op NDOV-kortlys

Die advokaat wat die ondersoek teen Hansie Cronjé, ontslape oudkrieketkaptein, gelei het oor wedstrydknoeiery, is een van die 12 kandidate wat vir die vakante pos van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) oorweeg word.

Hansie Cronjé

Adv. Shamila Batohi was die hoof-advokaat in die Kings-kommissie van ondersoek wat die saak rondom Cronjé ondersoek het.

Cronjé het in 2000 erken hy het geld aanvaar om die uitslag van krieketwedstryde te beïnvloed en is daarna lewenslank uit krieket geskors.

Hy is in 2002 in ’n vliegongeluk dood.

Van ander mense wie se name verskyn op die kortlys wat Vrydag deur die presidensie bekend gemaak is, is onder andere Glynnis Breytenbach, ’n voormalige aanklaer in die nasionale vervolgingsgesag en nou ’n DA-LP, dr. Silas Ramaite, waarnemende NDOV, en Andrea Johnson, mede-aanklaer in die saak teen Oscar Pistorius.

Daar was 22 aansoeke en 24 benoemings vir die pos wat vakant geraak het toe die konstitusionele hof in Augustus beslis het oudpres. Jacob Zuma se aanstelling van Shaun Abrahams, die vorige NDOV, was ongeldig.

Die onderhoude sal na verwagting op 14 November begin.

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n paneel kundiges aangewys om hom te help om die regte kandidaat te kies en hulle sal die onderhoude voer. Drie kandidate sal uiteindelik aan die president voorgelê word om uit te kies.

Die ander kandidate op die kortlys is Andrew Chauke, Rodney de Kock, Matric Luphondo, M. Makhari, Naomi Manaka, Xhanti Mapoma, Moipone Noko en Simphiwe Mlotshwa.

Meer oor:  Ndov  |  Shamila Batohi  |  Hansie Cronjé  |  Ndov-Kortlys  |  Advokaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.