Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum: ‘ANC-hoë kan nie rassistiese twiets verdedig’

AfriForum sê dit is “kommerwekkend” dat Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Zindzi Mandela-Hlongwane, verdedig het.

“AfriForum beskou dit as betreurenswaardig en kommerwekkend dat ’n ANC-hoë sulke rassistiese uitlatings teenoor ’n deel van die Suid-Afrikaanse samelewing verdedig,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AFriForum.

Die burgerregteorganisasie het vroeër ’n klag van haatspraak teen Mandela-Hlongwane, dogter van oudpres. Nelson Mandela, by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak oor haar omstrede twiets.

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Gallo Images

Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, het in Junie ’n storm ontketen toe sy getwiet het dat wit Suid-Afrikaners “gronddiewe”, “apartheidsapologete” en “ongenooide gaste” is “wat weier om te loop”. Sy het ook bygevoeg dat wit mense ’n fout maak deur vas te klou aan “fantasieë van die goeie inboorling” en dat dit tyd is dat swart Suid-Afrikaners “hul grond terugvat”.

Duarte het Donderdag gesê dat Mandela-Hlongwane nie vir haar sienings verkwalik moet word nie.

“Ons kan net ’n nierassige samelewing bereik as ons ophou voorgee en reguit praat oor wat moet verander. Sedert 1994 word verwag dat ons net moet vergeet waardeur geslagte volwassenes en kinders gedurende apartheid gegaan het,” sê Duarte.

Volgens Duarte is daar ’n “onredelike verwagting” dat Mandela-Hlongwane moet vergeet dat haar pa 27 jaar lank van sy gesin weggeskeur is.

Kriel beskou Duarte se reaksie op die uitlatings “as ’n poging deur die regerende party om polarisasie in plaas van wedersydse respek en samelewing in Suid-Afrika te bewerkstellig”.

“Prominente figure in ons samelewing moet nooit toegelaat word om met sulke rassistiese uitsprake weg te kom bloot op grond van hulle posisies nie,” sê Kriel.

Meer oor:  Jesse Duarte  |  Afriforum  |  Twiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.