Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum blaas in EFF se nek

Die EFF en Julius Malema sal wéér diep in hul sakke vir AfriForum moet krap.

Julius Malema van die EFF Foto: Argief

Indien die EFF en Malema nie eerskomende Vrydag ’n bedrag van R109 098,30 vir ’n uitstaande kostebevel aan AfriForum betaal nie, gaan dié organisasie weer ’n proses begin om op die party se bates beslag te lê.

Dié geld hou verband met die kostebevel wat AfriForum op 14 November 2018 teen die EFF en Malema bekom het nadat die EFF en Malema se poging om ’n dringende hofbevel te bekom – om te verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop – misluk het.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die organisasie gaan Malema en die EFF se betalings aanwend om pogings om die land se Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, in die howe te beveg.

“Ons gaan Malema en die EFF met hul eie geld beveg,” sê Kriel.

Die kostebevel wat AfriForum op 18 November 2018 bekom het, is een van vyf kostebevele wat dié organisasie reeds teen Malema en die EFF bekom het.

Kriel sê van die vyf kostebevele het Malema en die EFF reeds twee betaal, wat ’n bedrag van R235 000 beloop. “Met die betaling van die derde afdwingbare kostebevel sal daar nog twee uitstaande kostebevele wees. Die afdwinging van laasgenoemde word teruggehou omdat een nog getakseer moet word en die EFF appèl teen die ander een aangeteken het. Na raming sal die gesamentlike bedrag van die vyf kostebevele sowat R550 000 beloop.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum Foto: Rapport

Die betrokke vyf kostebevele spruit voort uit ’n hofgeding sedert Maart 2017, toe AfriForum ’n interdik teen Malema en die EFF bekom het wat hulle verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset of betree. Die hooggeregshof in Pretoria het in AfriForum se guns beslis en die interdik met koste toegestaan.

Die ander twee kostebevele is albei op 14 November 2018 in twee afsonderlike sake teen Malema en die EFF in die hooggeregshof in AfriForum se guns uitgereik.

Die eerste bevel hou verband met ’n saak van minagting van die hof, wat AfriForum teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het. Dít volg nadat Malema en die EFF voortgegaan het om grondvergrype aan te moedig ondanks ’n staande interdik wat AfriForum bekom het om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te beset.

Meer oor:  Afriforum  |  Eff  |  Julius Malema  |  Kallie Kriel  |  Regskostes  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.