Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum bring groot konferensie

AfriForum gaan die wêreld se grootste konserwatiewe politieke konferensie na Suid-Afrika bring.

Ernst Roets en Monique Taute by die CPAC in die VSA.

Ernst Roets, dié burgerregteorganisasie se hoof van beleid en aksie, en Monique Taute, veldtogbestuurder, het die Conservative Political ­Action Conference (CPAC) in National Harbor in die VSA vroeër vandeesmaand bygewoon.

CPAC is ’n jaarlikse politieke konferensie waarheen konserwatiewe aktiviste en afgevaardigdes van oor die VSA heen en elders ter wêreld gaan. Die Amerikaanse Konserwatiewe Unie (ACU) bied dit aan. Pres. Donald Trump, sy visepresident, Mike Pence, en die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, was vanjaar gassprekers daar.

Roets sê die organiseerders van die CPAC wil nou soortgelyke konferensies oor die wêreld heen aanbied en AfriForum is gevra om die eerste een in Suid-Afrika te reël.

“Ons het opleiding by die konferensie gekry oor hoe om ’n CPAC aan te bied, en hul gedagte is om internasionaal uit te brei.

“Ons is baie opgewonde om deel van hierdie konserwatiewe beweging te wees. Daar is ’n konserwatiewe beweging wat wêreldwyd besig is om in die hoofstroom te beweeg,” sê Roets.

Hy sê AfriForum sal dit reël en die ACU sal met gassprekers vanuit die VSA help.

“Hulle is gemaklik om hul handelsmerk aan ons te koppel en ons mik vir hoëprofielsprekers om die eerste konferensie in Suid-Afrika by te woon.”

Dit sal volgens Roets ’n Amerikaanse minister insluit.

AfriForum hoop om dit vroeg in 2021 aan te bied. Hy wil vir sy lede kan wys hulle is nie “alleen en geïsoleerd” in die wêreld nie.

Die CPAC-konsep is reeds na ander lande soos Japan, Suid-Korea, Australië en Brasilië geneem.

Roets sê ’n ander hoogtepunt op AfriForum se onlangse toer na die VSA was hul vergadering met afgevaardigdes van die Amerikaanse departement van buitelandse sake.

“Ons het veral met die afgevaardigdes daar gesels oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa), en hulle gevra om nie dié ooreenkoms met Suid-Afrika te skrap nie.”

Kragtens Agoa kry Suid-Afrika sedert die jaar 2000 miljarde rande afslag op invoertariewe na die VSA se reusemark.

Die wet bepaal egter deelnemende lande moet eiendomsreg beskerm, andersins kan die Amerikaanse president ’n Agoa-ooreenkoms summier opskort.

Pompeo het in Februarie te kenne gegee hy is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse regering se planne met art. 25 van die Grondwet toe hy gewaarsku het onteiening sonder vergoeding sal “rampspoedig” wees vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en die mense van die land.

“Ons wil liewers hê die Amerikaanse regering moet die ooreenkoms gebruik om diplomatieke druk op Suid-Afrika toe te pas,” sê Roets.

Meer oor:  Ernst Roets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.