Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum eis antwoorde oor wapenamnestie

AfriForum het Donderdag ’n skrywe aan Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, gerig oor die jongste aankondiging oor die vuurwapenamnestie, sê die burgerregteorganisasie in ’n verklaring.

Dié amnestietydperk is op 27 November in die Staatskoerant afgekondig en lui onder meer mense wat ’n ongelisensieerde vuurwapen besit, kan dit by enige polisiekantoor in Suid-Afrika inhandig sonder om vervolg te word.

Die amnestietydperk het op 1 Desember begin en strek tot 31 Mei volgende jaar.

AfriForum wil onder meer weet hoe dié vuurwapens veilig by polisiekantore bewaar gaan word en of die polisie die vermoë het om die amnestieproses deur te voer.

“Ondanks ’n tussentydse hofbevel wat bevestig dat vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het hul wapens steeds wettig besit, het die howe nog nie finaal duidelikheid hieroor gegee nie.

“Baie beskou dié amnestieproses as ’n voortydige manier om landsburgers te ontwapen en bloot te stel aan die klaarblyklik onstuitbare misdaadvlaag in die land,” lui die verklaring.

Meer oor:  Afriforum  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.