Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum gaan ‘Fear F#kk#ol Fikile’ aankla

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan Dinsdag strafregtelike klagte teen Fikile Mbalula, minister van vervoer, indien.

Fikile Mbalula Foto: Argief

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, sê hulle gaan die klagte om 11:00 by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria indien.

“Ons gaan strafregterlike klagte van geldwassery en korrupsie teen Fikile Mbalula, voormalige minister van sport, indien,” het Taute gesê.

Dié klagte volg nadat Sedgars Sport, ’n sportprodukteverskaffer, na bewering in 2017 tussen R300 000 en R680 000 vir die Mbalula-gesin se reis na Dubai opgedok het.

“AfriForum het die Openbare Beskermer (OB) in 2018 gevra om dié reis te ondersoek. Die OB se bevinding het aangedui dat Mbulula die Grondwet en ander wetgewing met hierdie reis oortree het. Die nasionale vervolgingsgesag het egter nog geen stappe teen Mbalula gedoen nie,” sê Taute.

Meer oor:  Hof  |  Brooklyn  |  Pretoria  |  Fikile Mabula  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.