Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum kap Cyril oor toespraak in Davos

AfriForum het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gekritiseer omdat hy by die Wêreld- Ekonomiese Beraad die indruk geskep het dat Suid-Afrika ’n “veilige hawe vir internasionale beleggers is, terwyl hy in Suid-Afrika volhard om private eiendom sonder vergoeding te onteien”.

Ramaphosa, wat saam met ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging van ministers en amptenare die beraad in Davos, Switserland bywoon, het luidens sy voorbereide toespraak op ’n voorlegging gesê die land takel die kwessie van grondhervorming, wat groot belangstelling en gesonde debat ontlok het.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

“Ons hanteer die kwessie op ’n manier wat almal se belange in ag neem, ten volle in ooreenstemming met die voorskrifte van die wet en ons Grondwet. Ons het ’n omvattende benadering wat geskiedkundige herstel as ’n geleentheid vir groter landelike produksie, verbeterde voedselsekerheid, bemagtiging, werkskepping en armoedeverligting beskou,” sê Ramaphosa.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê egter in ’n verklaring Ramaphosa het die indruk gewek dat Suid-Afrika op die pad van ekonomiese herstel is, terwyl die land vir die eerste keer in die geskiedenis die punt bereik het waar Suid-Afrikaners “meer in die buiteland belê as wat buitelanders in Suid-Afrika belê”.

“Wanneer die president in Suid-Afrika praat, vertel hy vir ons dat hy private eiendom sonder vergoeding sal onteien, maar wanneer hy in Switserland praat, vertel hy dat mense se beleggings veilig sal wees in Suid-Afrika.”

* Die organisasie het ook Woensdag ’n veldtog begin om die publiek te betrek om standpunt in te neem teen die Konsepwetsontwerp op Onteiening wat in Desember deur Thulas Nxesi, minister van openbare werke, in die Staatskoerant gepubliseer is.

Lede van die publiek het 60 dae om daarop te reageer. Afriforum se veldtog word op die webblad onteiening.co.za of expropriation.co.za gedryf.

Roets sê daar is ’n “reeks wesenlike probleme” in die konsepwetsontwerp en dit is noodsaak dat die publiek betrokke raak om eiendomsreg te beskerm.

Meer oor:  Afriforum  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Davos  |  Toespraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.