Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum kap Eskom-plan oor R100 mjd.-skuld

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag Eskom se versoek om R100 miljard van die elektrisiteitsreus se skuld deur die regering te laat oorneem, veroordeel.

Dr. Eugene BrinkFoto: Verskaf

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum, sê sulke stappe deur Eskom sal net weer groter probleme op ander plekke skep en die verkeerde boodskap uitstuur.

“In die afwesigheid van moeilike besluite wat deur Eskom se bestuur en die regering geneem word om die elektrisiteitsvoorsiener se posisie te verbeter en die elektrisiteitsektor te transformeer, is dié versoek onaanvaarbaar. Dit stuur die boodskap uit dat die regering, en uiteindelik die belastingbetaler, net later weer die rekening sal betaal indien dinge skeefloop.

“Dié massiewe bedrag sal na raming 2% by die regering se skuld-tot-BBP-verhouding voeg indien dit deurgevoer word. Dit sal ook beleggers en die kredietgraderingsagentskappe negatief teenoor die land stem en Suid-Afrika kan dan dalk ’n afgradering te wagte wees,” sê Brink.

Volgens Brink sal die belastingbetaler en sakesektor, wat nou weer onder knaende elektrisiteitsonderbrekings deurloop, die geld net weer ten duurste op ’n ander manier moet finansier.

“Die regering sal ook dan duurder moet betaal om die verhoogde skuld aan te suiwer,” sê Brink.

Volgens hom het Eskom en die staat se korrupsie en wanbestuur tot die situasie aanleiding gegee.

“R51 miljard se onreëlmatige besteding is deur verskeie staatsinstellings – Eskom uitgesluit – in die 2017-’18-boekjaar aangegaan. Dit sluit boonop verkwiste, ongemagtigde en vrugtelose besteding uit.

“Nou word die belastingbetaler dalk weer met ’n las opgesaal terwyl Eskom en die staat nie self hul huis in orde kry nie,” sê Brink.

Meer oor:  Afriforum  |  Eskom  |  Oorneem  |  Regering  |  R100 Mjd  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.