Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum het nie ‘slapelose nagte’ oor EFF
Kallie Kriel Foto: Elizabeth Sejake

AfriForum sal nie “slapelose nagte” hê oor die EFF se beskuldigings van “regse opportunisme” in die openbare deelnameproses oor die moontlike wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Maandag gesê hy dink dié opmerking is “belaglik”.

Pres. Cyril Ramaphosa het AfriForum verlede week in die parlement gevra om “terug te kom huis toe” toe hulle in die buiteland gaan steun werf het teen grondonteiening sonder vergoeding, en om bewusmaking oor plaasmoorde te doen.

Die parlementêre grondwet-hersieningskomitee wat die openbare deelnameproses vir die moontlike wysiging aan die Grondwet hanteer, het reeds sowat 140 000 voorleggings van Suid-Afrikaners ontvang.

Vincent Smith, medevoorsitter van die komitee, het verlede week gesê onder die voorleggings wat ontvang is, is 64 000 van ’n WhatsApp-groep wat “probeer het om die stelsel te verstop”, terwyl nog 1 100 stuks kommentaar van AfriForum ontvang is.

Floyd Shivambu, EFF-LP, het hierop gesê dit is duidelik dat “regse opportunisme” probeer om beheer te neem van die openbare deelnameproses.

Kriel het Maandag by navraag gesê Ramaphosa het sy organisasie aangemoedig om deel te neem aan die debat. “Ons neem nou deel aan die debat. Ons gaan ons nie laat afsit deur die EFF nie.”

AfriForum het mense op sosiale media aangemoedig om aan die debat deel te neem. “Ons gaan onverpoosd voort. Ons gaan nie slapelose nagte hê oor die EFF se uitsprake nie.”

AfriForum gaan seker maak dat hulle verteenwoordigers by elke provinsiale vergadering sal hê wat aanstaande maand oor die land heen gehou sal word.

Kriel sê die tweede deel van die AfriForum se strategie is om “buitelandse druk” teweeg te bring.

Die spertyd waarteen Suid-Afrikaners kommentaar kan lewer op die moontlike wysiging van die Grondwet is tot 15 Junie verleng.

* Navrae en voorleggings kan gerig word aan Pat Jayiya, Komitee-afdeling, Posbus 15, Kaapstad, 8000, of deur ’n e-pos te stuur aan pjayiya@parliament.gov.za, of deur 021 403 3661 of 081 441 0345 te skakel. Voorleggings kan ook per hand afgelewer word by die parlement, Pleinstraat 90, 3de verdieping, Kaapstad.

Meer oor:  Kallie Kriel  |  Eff  |  Grond  |  Afriforum  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.