Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum: Malema sê bende glo om boere te vermoor

AfriForum is bekommerd daaroor dat daar die afgelope tyd al hoe meer gerugte die ronde doen oor direkte politieke betrokkenheid by plaasmoorde.

Só het Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, Dinsdag in sy toespraak op die Nampo-oesdag buite Bothaville in die Vrystaat gesê.

Volgens Roets lui die gerugte dat spesifiek die polisie en politici na bewering by plaasmoorde betrokke is.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum.Foto: Argief

“Dit kan wees dat mense jok daaroor en ’n mens moet nie alles wat mense sê, summier as die waarheid aanvaar nie, maar daar is ’n onderhoud gevoer met die leier van die 28-tronkbende wat gesê het Julius Malema, leier van die EFF, het met hulle in die tronk kom praat,” sê Roets.

Hy sê Malema het volgens dié bendeleier gesê as hulle uit die tronk vrygelaat word en ooit wapens soek, hulle (die EFF) wil hê boere moet vermoor word. Volgens Roets is daar ook ’n klankopname waarin Malema glo so sê.

“Malema is genader, maar sy woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, het gesê Malema is te besig om daaroor kommentaar te lewer. ’n Mens sou dink dalk is dit nie waar nie en dalk het die man gejok, maar enige redelike persoon sou, as hy daarvan beskuldig word dat hy aktief by moord betrokke is, moeite doen om dit reg te stel,” sê Roets.

Hy sê hy het ook self met ’n moordenaar in die tronk gepraat wat teenoor hom erken het dat hy deel was van die ANC se militêre vleuel en dat hy glo opdrag van dié party gekry het om ’n sekere boer te vermoor.

“Hy het gesê hy is woedend, want toe hy die opdrag uitvoer en die moord pleeg, het die ANC gemaak asof hulle nie weet wie hy is nie. Dit kan wees dat hy jok, maar die punt is dat al hoe meer sulke stories die ronde begin doen,” sê Roets.

Roets het afgesluit deur te sê dit kom voor of die regering dié probleem net onder die mat invee.

Roets het onlangs teruggekeer van ’n veldtog teen plaasmoorde in Amerika saam met Kallie Kriel, hoof van AfriForum.

Ondanks talle pogings kon Ndlozi nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Nampo  |  Nampo-Oesdag  |  Julius Malema  |  Bende  |  Plaasmoorde  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.