Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum se aansoek teen onteiening nou aangehoor

Die burgerregte-organisasie AfriForum se hofaansoek teen die parlement om ’n verslag ongrondwetlik te verklaar wat daartoe kan lei dat die Grondwet gewysig moet word om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak, word Woensdagoggend aangehoor.

Andrea van Wyk, AfriForum-woordvoerder, het Dinsdag namens die organisasie gesê dié aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad volg nadat dit bekend geword het dat die parlementêre komitee wat met die aangeleentheid gemoeid is, “ ’n verskeidenheid van prosedurele gebreke oor die hoof gesien het om tot die gevolgtrekking te kom dat die Grondwet wel gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding toe te laat”.

Intussen het Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, Dinsdag gesê die parlement sal AfriForum se aansoek oor bogenoemde teenstaan.

Moloto Mothapo Foto: DAILY SUN
Volgens hom is die parlement se basis om die aansoek – wat geskeduleer is om Woensdag aangehoor te word – teen te staan dat die hofverligting wat AfriForum soek, akademies van aard geword het.

“Die proses om art. 25 van die Grondwet moontlik te wysig is ver verby die feitelike agtergrond van AfriForum se aansoek en maak daarom dat die bevel wat versoek word, geen gevolge sal hê nie.”

Volgens Mothapo het die parlement reeds die verslag oorweeg en aanvaar.

“Dit het in Desember 2018 gebeur nadat die hof AfriForum se aansoek vir ’n tussentydse interdik verwerp het om die parlement te stop om die verslag te aanvaar. Die hof het toe die parlement se grondwetlike reg om sy sake onafhanklik en sonder onbehoorlike inmenging te bepaal en uit te voer, bevestig.”

Mothapo het in ’n verklaring bygevoeg nadat die parlement die verslag aanvaar het, is ’n ad hoc-komitee gestig om wetgewing te begin en in te stel om art. 25 te wysig.

“Dit is tans openbare kennis dat die ad hoc-komitee die aangeleentheid oorweeg het en onder meer ’n konsepwetsontwerp gepubliseer het.

“Die wetsontwerp se doelwit is om die Grondwet te wysig om te voorsien dat grond en verbeteringe daarop vir doeleindes van grondhervorming sonder vergoeding onteien kan word,” het Mothapo bygevoeg.

Meer oor:  Afriforum  |  Andrea Van Wyk  |  Kaapstad  |  Onteiening  |  Hofaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.