Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum verkla Malema se lyfwag nou ook oor skote

AfriForum het nou ook ’n formele klag by die owerheid wat private veiligheidsmaatskappye reguleer teen die lyfwag van Julius Malema, EFF-leier, ingedien.

Adriaan Snyman (links) in 2011 saam met Julius Malema. Langs Malema is Winnie Madikizela-Mandela, wat op 2 April vanjaar dood is. Foto: Lucky Nxumalo

Die lyfwag het verlede naweek na bewering ’n semi-outomatiese geweer vir Malema aangegee waarmee hy glo verskeie skote voor ’n skare in ’n beboude gebied afgevuur het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Vrydag gesê dat hulle die klag teen Adriaan Snyman by die Reguleringsowerheid vir die Private veiligheidsbedryf (Psira) ingedien het.

“Snyman is na bewering die eienaar van ’n private veiligheidsmaatskappy wat dienste aan Malema lewer.

“In die klag word gevra dat Snyman se optrede ondersoek word met betrekking tot die beweerde onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, asook die feit dat dié vuurwapen aan Malema oorhandig is om die afgelope naweek op die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in die Oos-Kaap daarmee te skiet” sê Cameron.

Hy het bygevoeg dié klag hou ook verband met die saak wat op 1 Augustus by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion teen Malema sowel as Snyman aanhangig gemaak is.

“AfriForum vra ook dat die polisie Snyman se optrede ondersoek om vas te stel of dit op ’n oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer neerkom.

“Snyman is ’n omstrede persoon wat na bewering op verskeie geleenthede in die verlede met die gereg gebots het. Indien Snyman inderdaad die eienaar van ’n veiligheidsmaatskappy is, behoort hy met nóg meer omsigtigheid as ’n gewone vuurwapeneienaar met die hantering van vuurwapens om te gaan. AfriForum glo Psira sowel as die polisie moet Snyman se optrede ondersoek,” sê Cameron

Meer oor:  Ian Cameron  |  Julius Malema  |  Afriforum  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.