Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum wil Cyril voor Zondo oor kaders uitvra

AfriForum wil pres. Cyril Ramaphosa voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor kaderontplooiing onder kruisverhoor neem.

Die organisasie sê hy het Maandag ’n amptelike aansoek hieroor by die kommissie ingedien. Hy wil ook ’n voorlegging aan die kommissie oor kaderontplooiing doen.

Ramaphosa sal ’n ANC-afvaardiging lei wat later ’n voorlegging aan die kommissie sal doen. Die ANC wil met dié verskyning sekere sake oor die ANC en die “evolusie van die land se politieke ekonomie en die postapartheidstaat” uitklaar.

Pres. Cyril Ramaphosa

AfriForum sê in ’n verklaring sy aansoek aan die Zondo-kommissie spruit uit die feit dat Ramaphosa van 2013 tot 2016 die voorsitter van die ANC se ontplooiingskomitee was.

John Steenhuisen, DA-leier, het ook al vrae aan die Zondo-kommissie gestuur, waarin hy sê die DA wil hê Ramaphosa moet antwoorde gee oor staatskaping en sy rol daarin as voorsitter van dié komitee.

“Gedurende hierdie tydperk is verskeie individue, wat vandag van korrupsie en staatskaping beskuldig word, op grond van hulle lojaliteit jeens die ANC in sleutelposisies aangestel,” lui die verklaring van AfriForum oor dié kwessie.

Hy sê hy wil vrae aan Ramaphosa stel oor mense soos Brian Molefe, Dudu Myeni, Pravin Gordhan, Lucky Montana, Jeff Radebe, Joseph Phungula, Sfiso Buthelezi, Thuli Madonsela, Kady Muteba, Francois van Eeden, Lynne Brown, Nick Linnell, Nhlanhla Nene en Modise Motloba.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê die ANC se kaderontplooiingsbeleid was waarskynlik die grootste bydraende faktor tot korrupsie en staatskaping.

“Die ANC is uitgesproke oor sy benadering tot lojaliteit aan die party en dat dit ’n bepalende faktor is wanneer dit by aanstellings in sleutelposisies in die regering kom,” sê Roets.

“Dit dra oënskynlik selfs meer gewig as verdienste en die vermoë om die werk te kan doen. Waaroor daar egter geheimsinnigheid heers, is presies wat hierdie komitee se doen en late is, asook watter individue op grond van hul lojaliteit aan die party in sleutelposte aangestel is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.