Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
AfriForum wil hof toe oor skool by Nkandla
Ontevrede ouers van Nkandla tydens ’n vergadering met AfriForum. Die departement van onderwys sloer nou al tien jaar om ’n hoërskool hier te bou.

AfriForum sal eersdaags voortgaan met regstappe teen die KwaZulu-Natalse departement van onderwys nadat die gemeenskap in Nkandla nou al tien jaar lank op ’n beloofde skool wag.

Die gemeenskap, sowat 60 km van pres. Jacob Zuma se omstrede woning, sê die onderwysdepartement het hulle reeds in 2007 ’n nuwe skool beloof.

Die skool sou teen die begin van die jaar klaar gewees het, maar daar is nog nie eens ’n sooi gespit nie.

Die gevolg is dat 341 kinders nou glad nie skoolgaan nie of tientalle kilometers moet loop of ry om by ’n skool te kom.

Uit frustrasie het Zuma se bure hulle tot AfriForum, die burgerregteorganisasie wat hulle veral vir Afrikanerregte beywer, gewend. Die departement sê nou daar woon te min gesinne hier om die bou van nog ’n skool te regverdig.

Die AfriForum-regspan het Vrydag 'n aanmaningsbrief aan die LUR gestuur.

Reaksie word binne 14 dae vereis, waarna AfriForum met ’n formele dagvaarding sal voortgaan.

Die departement het nie op verdere navrae reageer nie.

Meer oor:  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.