Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Afrika het jeug op digitale gebied versaak – Cyril

Afrika-regerings was tot nou toe te stadig om dié vasteland op digitale gebied met die res van die wêreld te laat saampraat. Hulle het in ’n groot mate die jong mense van Afrika in die digitale era in die steek gelaat.

So het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand op ’n bespreking oor leierskap in Afrika op die Wêreld-Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand in Davos aan die woord.Foto: GCIS

Hy en pres. Paul Kagame van Rwanda, voorsitter van die Afrika-unie (AU), was die twee paneellede.

Kristalina Georgieva, uitvoerende hoof van die Wêreldbank, was die gespreksleier.

Ramaphosa sê die digitale era hou groot voordele vir Afrika in en regerings op dié vasteland moet so gou moontlik digitale beleid in plek kry. Afrika was nie deel van die vorige revolusies nie, maar het nou met die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie die geleentheid om hiervan deel te wees.

“Ons is onder druk van veral die jong mense om vinniger te beweeg. In Suid-Afrika kla die mense byvoorbeeld dat ons data te duur is. Hulle oefen druk op ons uit om iets daaraan te doen.”

Kagame sê Afrika besef “die toekoms is digitaal”, daarom is dit nodig dat hy dit omarm. Daar moet ’n politieke wil en positiewe houding daarteenoor wees om vorentoe te kan beweeg.

“Die jong mense van Afrika is honger vir iets wat ’n verskil in hul lewe kan maak.”

Ramaphosa sê die nuwe vryehandelsgebied waarop die AU besluit het, hou enorme voordele vir Afrika in, onder meer die skepping van werksgeleenthede en vaardigheidsontwikkeling.

“Dit kan die begin van die industrialisering van Afrika wees. Baie sakelui kan nie wag dat die onderskeie Afrika-lande se parlemente die ooreenkoms (oor die vryehandelsgebied) bekragtig nie,” sê die Suid-Afrikaanse staatshoof.

“Samewerking tussen Afrika-lande en die res van die wêreld is die sleutel tot sukses. Multilateralisme is die wagwoord.”

Meer oor:  Pres. Cyril Rama­Phosa  |  Davos  |  Paneelbespreking  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.