Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Afrikaner het pion geword, sê Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr en die feesorganiseerder, Johan van der Merwe, het die verrigtinge afgesluit deur Die Stem te sing. Hofmeyr het Die Stem ’n “pragwapen van verset” genoem wat niemand kan wegvat nie. Foto: Alet van der Walt

Bothaville. – Wit heerskappy is in 1992 met onrusbeheer vervang, het Steve Hofmeyr Woensdag buite Bothaville in die Voorbegin-wildplaas hier se feesrede gesê.

“Transformasie, regstellende aksie en alles wat van die Afrikaner weggeneem word, het die onrusbeheer van Suid-Afrika geword. Bloeddorstige, barbaarse mense word beheer deur aan hul eise te voldoen deur die erfgoed van die Afrikaner, soos ’n standbeeld van Totius, van ’n kampus te verwyder.”

Hofmeyr het gesê die Afrikaner het die pion in die skaakspel tussen Zuma en Malema geword. Verdraagsaamheid van die Afrikaner het hom die Kersvader van die nuwe Suid-Afrika gemaak. Alles word weggegee. Dit is te veel gevra dat net een Afrikaanse universiteit in die land oorbly. Straatname, dorpe en stede word genoem na mense wat swart Suid-Afrikaners nie eens ken nie.

Hy het ook ’n dwarsklap na Max du Preez, Piet Croucamp en Pierre de Vos gemik en gevra wat hulle nog alles uit die skatkis van Afrikaner-kinders se erfgoed in die naam van versoening wil weggee.

“Ons leef in die moeilikste tye denkbaar en moet op ons knieë bly. Dit is net idiote met rooi barette wat nog nooit ’n oorlog gesien het nie, wat nou oorlog-oorlog skree. Niemand wat al ’n oorlog gesien het, sal een wil hê nie.

Die Stem is ’n pragwapen van protes wat niemand van ons kan wegvat nie,” het hy verder gesê.

Hy het gesê feesgangers moet onthou die politieke landskap kan baie vinnig verander en dat dit dan tyd vir ’n ware demokrasie kan wees.

Intussen moet ons begin om na selfbeskikking te streef en onsself van die naelstring van die staat los te sny. Selfbeskikking beteken nie om na ’n volkstaat te verhuis nie. Elkeen kan net daar waar hy is, begin om na onafhanklikheid te streef.

Hofmeyr het in sy feesrede gesê apartheid is eintlik ’n baie klein deel van die Afrikaner se geskiedenis.

Op die Samekoms-Geloftefees buite Hennenman het ’n boer van Virginia en ’n lekeprediker, Johan van Huyssteen, gesê dit is nie God se wil dat ons moet swaarkry nie. God wil nie droogtes, plaasmoorde en lyding hê nie.

“Dit is Satan se werk en deur Jesus te ken en Sy wil te ken, kan Satan oorwin word.

“Satan slag, steel en verwoes,” het Van Huyssteen gesê. Mense word vermoor, omdat hulle die lig laat skyn en nie net omdat hulle wit is nie.

Organiseerders van Geloftefeeste oor die Vrystaat heen het aan Volksblad gesê die feeste is buitengewoon goed bygewoon en op talle terreine was daar nie genoeg plek in sale nie.

Meer oor:  Zuma  |  Steve Hofmeyr  |  Transformasie  |  Afrikaner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.