Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Agoa-ooreenkoms op agenda vir AfriForum se VSA-besoek

’n Afvaardiging van AfriForum is na die buiteland om daar steun vir hul veldtog te werf en bewusmaking oor grondonteiening sonder vergoeding en plaasmoorde in Suid-Afrika te skep.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof wat deel is van die afvaardiging, het in ’n verklaring gesê die burgerregteorganisasie se toer na Amerika volg ná sy bewusmakingstoer verlede jaar en sal besoeke aan onder meer navorsings- en media-instellings, politici en ander rolspelers in Washington en New York insluit.

AfriForum is ten gunste van dié ooreenkoms en beskou dit as voordelig vir Suid-Afrika.
Ernst Roets

Amerika se ooreenkoms met Suid-Afrika ten opsigte van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) sal ook bespreek word.

“AfriForum is ten gunste van dié ooreenkoms en beskou dit as voordelig vir Suid-Afrika. Die organisasie is dus nie in Amerika om mense aan te moedig om van die ooreenkoms te onttrek nie, maar eerder om voorkomend op te tree om só ’n krisis te verhoed.

“Daarom gaan AfriForum alles in sy vermoë doen om te verseker dat Suid-Afrika die bepalings van Agoa, soos die beskerming van private eiendomsreg, nakom,” lui Roets se verklaring.

Hy het verder daarop gewys dat sprake van onteiening sonder vergoeding deur die Suid-Afrikaanse regering pres. Donald Trump van Amerika genoop het om sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, te vra om “grond- en plaasgrype,” onteiening, asook die grootskaalse moorde op boere, te monitor”.

“AfriForum is bekommerd dat as die Suid-Afrikaanse regering voortgaan met sy planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, dit die Agoa-ooreenkoms sal skend. Dít hou die gevaar in dat Suid-Afrika van hierdie ooreenkoms uitgesluit kan word. As die Suid-Afrikaanse regering eiendomsreg skend, is die Amerikaanse president kragtens dié land se wetgewing verplig om Suid-Afrika se voordele ingevolge Agoa op te hef. Dit sal geweldige nadelige gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou.”

Volgens Roets verwag AfriForum nie van Amerika om Suid-Afrika se probleme namens die land op te los nie, maar die organisasie beoog wel om steun te werf en buitelandse meningsvormers te kry om in die openbaar standpunt in te neem “teen die ongeregtighede wat tans in Suid-Afrika plaasvind om sodoende druk op die Suid-Afrikaanse regering uit toe oefen”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.