Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Agri SA praat met tradisionele leiers oor projekte

Die landbou-organisasie Agri SA het al in sewe provinsies met 158 tradisionele leiers in gesprek getree oor volhoubare projekte tussen dié leiers en kommersiële boere.

Dit word in samewerking met die Motsepe-stigting gedoen.

Christo van der Rheede

So het Christo van der Rheede, adjunkhoof van Agri SA, Dinsdagmiddag op Agri Limpopo se kongres in Modimolle gesê.

Hy sê ter wille van die toekoms van kommersiële boere in die land is vennootskappe nodig tussen boere en ander rolspelers in die landbou-waardeketting.

“Transformasie is vir Agri SA ’n baie ernstige saak omdat die groot ongelykhede tot groot spanning lei. Dit skep ook die geleentheid vir politieke retoriek,” het Van der Rheede gesê.

Omri van Zyl, hoofbestuurder van Agri SA, het gesê in die eertydse tuislande waar daar groot armoede is, is 15 miljoen hektaar landbougrond beskikbaar. Hy glo gesamentlike projekte kan help om die armoede te verlig.

“Daar is baie uitdagings vir die landbou, maar ons sal dit nie oorkom as ons verdeeld is nie.

“Ons sal saam na spesifieke oplossings moet soek. Ons moet die struikelblokke identifiseer en oorkom,” het Van Zyl gesê.

“Ons moet momentum skep en ek glo ons kan die uitdagings oorkom mits ons ons verskille uit die weg ruim.”

* Genl.maj. Jan Scheepers, tweede in bevel van die polisie in Limpopo, het aan die boere gesê dit het tyd geword dat die polisie en die boere mekaar in die oë kyk, verskille opsy sit en begin saamwerk.

“Die gaping tussen die boere en die polisie moet oorbrug word. Ons moet planne beraam om voorkomend op te tree om misdaad te keer. Dit is die enigste weg vorentoe.”

Weens die huidige ekonomiese toestande in die land sal die probleme met misdaad nie gou opgelos word nie.

“Die polisie alleen kan nie die boerderygemeenskap veilig hou nie. Kom ons bou ’n verhouding. As elkeen sy deel doen, wag daar ’n goeie toekoms,” het Scheepers gesê.

“Die toekoms van die land lê in die hande van die boere. Daarom is dit belangrik dat hulle veilig gehou word.”

Kobus Visser, landelike veiligheidshoof van Agri SA, het met Scheepers saamgestem dat daar goeie samewerking tussen die polisie en boere moet wees.

Hy sê Agri SA en die polisie het ten nouste saamgewerk met die nuwe landelike veiligheidsplan wat binnekort bekend gestel sal word.

“Dit is belangrik dat alle misdaad by die polisiekantoor aangemeld word. Dié statistieke kan die polisie in die toekoms help met hul beplanning.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.