Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Agri SA wil met regering saamwerk oor waterplan

Hy is gereed om met die regering in gesprek te tree oor die nuwe meesterplan vir water wat pas bekend gestel is, sê Agri SA.

“Landbou as sektor is die grootste verbruiker van water en produksie is grootliks afhanklik van die beskikbaarheid en gehalte van waterhulpbronne,” sê Janse Rabie, Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, luidens ’n verklaring van Agri SA.

Janse RabieFoto: Sarel van der Walt

“Die bekendstelling van die meesterplan verskaf ’n raamwerk vir toekomstige water- en voedselsekerheid en dien as vertrekpunt vir oorlegpleging in die toekoms met die regering.”

Agri SA is veral bemoedig deur die hernude pogings van die departement van water en sanitasie om met die departement van openbare werke en infrastruktuur saam te werk.

Dit is ook goed dat daar beplande skakeling met die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga) is om kwessies rakende die verval van infrastruktuur en watergehalte te hanteer, sê Rabie.

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het op die bekendstelling van die omvangryke waterplan Donderdag in Pretoria gesê te veel munisipaliteite kom nie hul verpligtinge na nie – ondanks finansiële en tegniese ondersteuning van die regering.

“Wanneer die regering ingryp, kom hy baie keer agter die plaaslike regering het nie sy eie finansiële en tegniese bronne behoorlik gebruik nie,” het die minister gesê.

Rabie sê Sisulu se klem op die noodsaaklikheid vir etiese leierskap word ook verwelkom.

Hy sê Agri SA waardeer ook die minister se fokus op vennootskappe en haar insluiting van Agri SA as ’n belangrike strategiese rolspeler.

“Die inwerkingstelling van doeltreffende waterbestuur is kritiek vir Agri SA en sy geaffilieerde lede.

“Agri SA is verbind daartoe om met die regering saam te werk om water- en voedselsekerheid, asook ekonomiese vooruitgang, te verseker.”

Rabie het vroeër gesê “spesifieke inligting” ontbreek in die plan.

“Sonder spesifieke inligting oor die regmatige uitoefening van waterregte kan daar nie sinvol beplan word nie.”

Meer oor:  Agri Sa  |  Janse Rabie  |  Waterplan  |  Landbou  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.