Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Al hoe meer druk op Zuma om voor Zondo te verskyn

Oudpres. Jacob Zuma was nog altyd bereid om met die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping saam te werk.

So het Daniel Mantsha, Zuma se prokureur, Dinsdag aan News24 gesê. Dit is in reaksie op ’n berig op BussinessLive dat die kommissie ’n brief aan Zuma geskryf het om te verneem of hy van plan is om te getuig en sy weergawe te gee oor aantygings wat hom by staatskaping betrek.

Oudpres. Jacob Zuma.

Mantsha wou nie uitdruklik sê of Zuma wel voor die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, sal getuig nie. “Dit is nie so eenvoudig nie. Niemand sal bloot net gevra word om te getuig nie. Daar is altyd voorbereidingswerk vooraf.”

Oor Zuma se bedenkinge oor die kommissie se onpartydigheid, het Mantsha gesê hulle wag vir ’n antwoord van die kommissie in dié verband.

Themba Maseko, ’n voormalige hoof van die regering se kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS), het in Augustus getuig Zuma het druk op hom uitgeoefen om die Guptas te help om regeringsadvertensies vir hul koerant The New Age te kry.

Op 9 Desember het Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, getuig sy afdanking deur Zuma in 2015 was omdat hy nie ’n kernkragtransaksie wou onderteken waarby die Guptas glo sou baat nie.

Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale bronne, het in November vir Zuma by beweringe van staatskaping betrek en gesê sy uitvoerende mag is aan die Guptas “opgeveil”.

Onlangs het Rajesh Sundaram, ’n voormalige redaksionele konsultant van die Guptas se ANN7-nuuskanaal, getuig hoe Zuma by die daaglikse bestuur van die TV-nuuskanaal betrokke was.

News24 berig die Zondo-kommissie het Zuma in die brief gevra om teen 12 Junie, wat reeds verby is, aan te dui of hy bereid is om voor die kommissie op die voorgestelde datum van 15 Julie te getuig.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.