Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Alles is net so toksies, kla Fikile ná dienste

Die polisie ondersoek nou ook die begrafnisdiens van die ANC-strydros Andrew Mlangeni nadat meer as 50 mense, onder wie pres. Cyril Ramaphosa en twee kabinetslede, dit Woensdag bygewoon het.

Andrew Mlangeni se kis kom Dinsdag by sy huis in Soweto aan.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, sê die ondersoek word gevoeg by die een na die samedromming by die nagwaak Dinsdag by die Mlangeni-huis in Soweto.

Ingevolge die Rampbestuurswet-regulasies mag nie meer as 50 mense ’n begrafnis bywoon nie.

Benewens Ramaphosa was Fikile Mbalula, minister van vervoer, Jackson Mthembu, minister in die presidensie, en Hlengiwe Mkhize, adjunkminister in die presidensie, by die begrafnisdiens op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg.

Toe hy deur Newzroom Afrika gevra is of regulasies nie Dinsdagaand oortree is nie, het Mbalula gesê die mense van Dube en Soweto het “spontaan” ’n erewag gehou. “Die nasie gaan op die oomblik deur ’n groot depressie en alles om ons is toksies. En alles word gekritiseer, selfs sonder feite.

’n Skermgreep van Mlangeni se begrafnisdiens Woensdag waarin 50 mense getel kan word, terwyl daar ook verskeie rouklaers op die verhoog was.

“Die realiteit van die saak is dat ons minder as tien was, gelei deur die TG (Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC). En toe die kis aankom, was ons almal hier . . . mense het vorentoe beweeg. En toe die kerklikes en die leiers van die ANC die kis aan die familie oorhandig, het die familie vorentoe gekom, en die mense wat ‘uitgebreek’ het, het vorentoe gekom, en mense het hulle probeer terughou.

“Dit was sowat tien minute, en toe word die kis by die huis ingedra en toe is alles weer normaal. Nietemin, die ANC sou nie mense vergader nie.”

Die afgelope week is drie mense by twee begrafnisse in Gauteng in hegtenis geneem omdat daar meer as 50 rouklaers was.

Die presidensie het nie gereageer op Rapport se navrae oor die kwessie nie.

Mthembu het wel vroeër die week gesê geen regulasies is by Mlangeni se begrafnis oortree nie.

“Daar was slegs 50 mense, onder wie die familie, by die begrafnisdiens van ubaba Andrew Mlangeni. Ek is deel van die 50. By die oggenddiens by sy huis was daar selfs minder as 50 mense,” het Mthembu Woensdag getwiet.

In een skermgreep van die video van die begrafnisdiens kan 50 mense reeds getel word, terwyl daar buite sig nog talle sprekers op die verhoog was, asook verskeie fotograwe en ander amptenare.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.